Jy het werk gekry by ‘n jeugtydskrif [youth magazine] en een van jou take is om briewe aan die raadsoekkolom [advice column] te beantwoord. Hier volg een van die briewe. Skryf ‘n kort, hulpvolle antwoord van omtrent 200 woorde.
Beste Help asseblief,
Ek soek raad. Ons het net een Sjinese-leerling in ons klas en party van my klasmaats maak soms grappe oor hom. Hy lyk vir my baie eensaam want hy meng nie met die res van ons nie en hou hom maar eenkant. Ek dink hy is dalk net skaam of bang maar die res van die klas is oortuig hy is snobisties en onvriendelik. Ek wil nie ongewild [unpopular] wees met my maats nie, maar ek voel egter jammer vir Chen. Wat kan ek doen om hom te betrek en die res van die klas se houding te verander?
Sipho